Brekende Nuus
Afrikaans

Beurtkrag sal bedags opgeskort word

Eskom het gesê die patroon sal daagliks aangaan tot verdere kennisgewing.

Beurtkrag sal bedags opgeskort word
fotokrediet: Canva
Beurtkrag sal bedags opgeskort word fotokrediet: Canva

Lees ook: Koeberg toets vandag sirenes

Eskom het vandeesweek aangekondig beurtkrag sal deur die dag opgeskort wees tussen 05:00 en 16:00. Daarna sal fase 2-beurtkrag van 16:00 tot 05:00 ingestel word.

Eskom het gesê die patroon sal daagliks tot verdere kennisgewing voortduur.

Hulle het gesê enige verandering sal aangekondig word. Mense word herinner om spaarsamig met elektrisiteit te werk.

Bronne: Eskom

Lees ook: Prins Michael van Kent se skoonseun dood van kopwond