Lees ook: Prins Michael van Kent se skoonseun dood gevind
VK. – Die doodsoorsaak van Thomas Kingston (45), skoonseun van prins Michael van Kent, is nou bekend.
Kingston is 25 Februarie in ‘n gesluite buitegebou by sy ouerhuis in Gloucestershire gekry met ‘n geweer op die toneel. Hy is oorlede aan ‘n “traumatiese kopwond”.
Kingston het middagete saam met sy ouers geëet. Sy pa het daarna met die honde gaan stap en toe hy terugkeer, was sy seun weg. Sy ma het hom na 30 minute gaan soek en sy pa het die deur van ‘n buitegebou oopgedwing. Daar het hulle Kingston dood gevind met ‘n “traumatiese kopwond” en ‘n geweer op die toneel.
Sy dood is nie verdag nie en niemand anders was betrokke nie. Dit is onbekend wanneer sy begrafnis sal plaasvind. Hy was getroud met prins Michael se dogter, lady Gabriella. Die egpaar het nie kinders gehad nie.
Bronne: USA Today, BBC, Mirror





