Beurtkrag wéér ongrondwetlik verklaar

GAUTENG. – ’n Volbank regters het Vrydag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof beslis dat die instelling van beurtkrag ongrondwetlik is. Daar is beslis dat Eskom,

Beurtkrag wéér ongrondwetlik verklaar Foto: Mining review

GAUTENG. – ’n Volbank regters het Vrydag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof beslis dat die instelling van beurtkrag ongrondwetlik is.

Daar is beslis dat Eskom, sowel as die regering, versuim het om dit te vermy en reg te stel. Die beslissing dui aan dat dit ongrondwetlik is juis omdat dit inbreuk op Suid-Afrikaners se basiese menseregte maak.

Polisiestasies, hospitale en openbare skole sal van beurtkrag vrygeskeld word indien die minister van elektrisiteit alle redelike stappe teen 31 Januarie 2024 volg om aan regter Norman Davis se uitspraak te voldoen.

Verder het die hof bevind dat beurtkrag die direkte gevolg is van die regering se weiering om die elektrisiteitsmark oop te maak. Konstruksievertragings by Medupi en Kusile en die onvermoë om Eskom teen kriminele elemente te beskerm, is ook as bydraende faktore aangevoer.

Altesaam 19 aansoekers het die saak teen Eskom, pres. Ramaphosa en ander belanghebbendes gebring. Regter Davis het bevind dat die soortgelyke uitspraak in Mei vanjaar regverdig en billik was.

Bronne: Action SA, My broadband

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]