Beweerde huisrowers vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Drie verdagtes wat na bewering Maandagaand by ‘n huisroof in Beethovenstraat in Kookrus, Meyerton, betrokke was, is Dinsdagoggend in hegtenis geneem.

Konst. Tlaleng Moloi sê die drie verdagtes het na bewering omstreeks 21:00 die kombuisdeur van die huis oopgebreek om toegang te verkry. Die inwoners is glo met vuurwapens gedreig, drie hardeskywe is gesteel en die verdagtes het van die toneel gevlug.

Meyerton-polisie het leidrade opgevolg en vinnig die verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle is vir huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla. Moloi sê die verdagtes word geprofilieer om vas te stel of hulle aan nog misdade in en om Meyerton verbind kan word. Die vuurwapen sal ballistiese toetse ondergaan om te sien of dit in vorige misdade gebruik was.

Die verdagtes sal in die Meyerton-landdroshof verskyn.

Lt.kol. De Winnaar, die waarnemende stasiebevelvoerder, het lede vir die vinnige optrede om die misdadigers aan te keer, geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief