Beweerde leningsbedrog-sindikaat deur polisie ontmantel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ‘n Beweerde leningsbedrog-sindikaat wat in Hazyview en moontlik ook ander gebiede aktief was, is deur die provinsiële kommersiële misdaadeenheid ontbloot. Nege verdagtes is tussen 24 en 25 Februarie in hegtenis geneem.

Kapt. Mpho Nonyane-Mpe, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes – Samukelo Ngomane (26), Julia Zodwa Sebitane (46), Ntombifuthi Setlhabela (34), Nelisiwe Promise Khoza (37), Promise Nelisiwe Mokoena (41), Thobile Pride Mkhatshwa (50), Gertrude Nyakwambe Khoza (55), Princess Beatrice Bobbert (39) en Bongiwe Precious Sumbana (34) – is op verskeie plekke in die provinsie, insluitend Acornhoek, Hazyview, Nelspruit en Schoemansdal, in hegtenis geneem. Volgens voorlopige ondersoek het hulle na bewering lenings en kredietkaarte met vals dokumentasie ter waarde van meer as R500 000 aangevra.

Die verdagtes het Donderdag in die Masoyi-landdroshof verskyn, waar borgtog van R1 000 elk toegestaan is en die saak tot 18 Maart uitgestel is. Die polisie sluit nie moontlikheid van verdere inhegtenisnemings uit nie en die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief