Beweerde motordiefstalsindikaat vasgetrek

Lees ook :

Beweerde motordiefstal-sindikaat vasgetrek. Foto: SAPD

PRETORIA, GAUTENG. – Agt verdagtes is Vrydagmiddag in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n diplomaat se motor by ’n verkeerslig versper en haar persoonlike items gesteel het.

Die SAPD glo die agt verdagtes vorm deel van ’n sindikaat wat motoralarms met ’n toestel belemmer en insittendes beroof.

Volgens brig. Athlenda Mathe is die SAPD rondom 14:00 na die hoek van Burnet-en Festivalstraat ontbied waar die voorval plaasgevind het. Die verdagtes het in ’n wit Toyota Corolla en wit  Ford Ranger-bakkie gery toe hulle die diplomaat se voertuig blokkeer het.

Die SAPD het vier verdagtes op die N1 agternagesit terwyl nog vier verdagtes tot by die Ultra City-vulstasie in Midrand agtervolg is.

Al agt verdagtes is gearresteer. Daar is na bewering een vuurwapen, drie selfone en drie motorblokkeringstoestelle in die verdagtes se besit gevind.

’n Ondersoek is begin om die verdagtes se moontlike betrokkenheid by ander gewapende rooftogte te identifiseer.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief