Beweerde seksuele aanranding van leerder (7) by skool ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die polisie ondersoek ‘n voorval van ‘n beweerde seksuele aanranding op ‘n meisie (7) Maandag deur ‘n gr. 7-leerder by ‘n laerskool op Phalaborwa.

Kol. Malesela Ledwaba sê volgens inligting is die meisie se ma by die werk gebel en gesê haar dogter ervaar ongemak. Die meisie het tuis vir haar ma gesê daar is ‘n stok in haar ingedruk, waarna sy in ‘n hospitaal vir evaluasie en behandeling opgeneem is.

‘n Saak is by Phalaborwa-polisiestasie geregistreer en word deur die GKS-eenheid ondersoek.

Ledwaba sê met die verdagte se ouderdom in ag geneem, is ‘n proefbeampte en maatskaplike werkster by die ondersoek na die saak betrek.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het die voorval sterk veroordeel en gesê ‘n skool is veronderstel om ‘n veilige omgewing te wees sonder vrees vir seksuele mishandeling of boelies. Sy versoek ouers om oop kommunikasie met hul kinders te kweek sodat hulle veilig sal voel om met hulle oor enigiets te praat.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief