Beweerde verkragting deur onderwyser by Vrystaatse skool ondersoek

Lees ook :

Beweerde verkragting deur onderwyser by Vrystaatse skool ondersoek. Foto: Flickr

VIRGINIA, VRYSTAAT. – Die beweerde verkragting van ’n seun (17) deur ’n onderwyser (27) by Hoërskool Hentie Cilliers op Virginia word ondersoek.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sê die verkragting het glo nie op die skoolterrein plaasgevind nie. Volgens Ndaba het die skool navraag gedoen toe die seun vir ’n ruk afwesig was. Beweerde boeliegedrag en seksuele misbruik is toe deur hom aangemeld.

Die omstandighede rondom die voorval wat na bewering op 15 Maart 2024 plaasgevind het, word deur die skool en die departement ondersoek. Die onderwyser is sedertdien in hegtenis geneem en aangekla vir die seksuele misbruik van die leerder.

Volgens Ndaba is die onderwyser deur die skool se beheerliggaam aangestel, maar die departement sal alle roetes volg om seksuele misbruik in skole uit te wis.

Die seun ontvang sielkundige ondersteuning sowel as ekstra lesse om hom te help om sy skoolwerk op datum te kry.

Bron: Vrystaat Departement van Onderwys

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief