Bina die hond sterf glo as gevolg van luislang

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Bina (7), ‘n Belgiese herdershond van die polisie op Lephalale (Ellisras), is Saterdag dood in haar hok by die honde-eenheid gevind.

Kol. Malesela Ledwaba sê die narkotiese-opsporingshond is glo deur ‘n luislang doodgemaak.

Bina is gedurende Junie 2019 deur die Roodeplaat-hondeskool in Pretoria opgelei.

Ledwaba sê Bina het vele suksesse op haar kerfstok gehad en was een van die tophonde in die provinsie. Sy het Saterdag kort voor haar dood gehelp om drie verdagtes met dwelmmiddels ter waarde van R75 000 vas te trek.

Haar nadoodse ondersoek sal deur ‘n veearts by Roodeplaat gedoen word.

“These dogs have the ability to go into places that an ordinarily human being would not be able to; they have the ability to detect incriminating items or items with evidential value just by using their senses. They are certainly part of the SAPS family. It is a big loss to the unit and the Province. Rest well, Bina,”, het lt.genl. Themi Hadebe gesê toe sy erkenning aan Bina gegee het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief