Lees ook: Selfdoodbommer veroorsaak dood van Taliban-minister in Kaboel
Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n moontlike styging vir 0.005% diesel en 93-oktaan-petrol.
Die prys van 93-oktaan-petrol kan moontlik met 5 sent per liter styg terwyl 95-oktaan-petrol se prys met 2 sent per liter kan daal.
Diesel 0.05% se prys kan daal met 1 sent per liter terwyl diesel 0.005% met 2 sent per liter kan styg.
Paraffien se prys kan met 11 sent per liter daal.
Die pryse sal eers amptelik in Januarie aangekondig en aangepas word.
Bronne: BusinessTech, Stuff.co.za, The South African
Lees ook: Selfdoodbommer veroorsaak dood van Taliban-minister in Kaboel





