Lees ook: Taliban ‘verbied’ vroue opleiding as vroedvroue en verpleegsters
KABOEL. – Die Taliban-minister van vlugtelinge, Khalil Haqqani, is dood na ’n selfdoodbommer by die ministerie in Kaboel ingegaan het.
Haqqani en ses ander is dood in die ontploffing wat plaasgevind het toe Haqqani sy kantoor verlaat het.
Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die selfdoodbomaanval aanvaar.
Haqqani, wat deur die VSA as ‘n wêreldterroris geklassifiseer is, was ’n toplid van die Taliban se Haqqani-netwerk.
Bronne: BBC, CNN, The Star
Lees ook: Taliban ‘verbied’ vroue opleiding as vroedvroue en verpleegsters





