Brekende Nuus
Afrikaans

Blaasoppies spoel wéér uit by Vishoek

Die visse is gevaarlik omdat hulle ’n gifstof genaamd tetrodotoksien in hulle organe stoor. 

Blaasoppies spoel uit op Vishoek-strand. Foto: Liesl Geni
Blaasoppies spoel uit op Vishoek-strand. Foto: Liesl Geni

VISHOEK, WES-KAAP. – Massas blaasoppies het Dinsdag weer op Vishoek se strand uitgespoel. Slegs ’n maand vantevore het dieselfde gebeur.

Inwoners is gewaarsku om nie aan die visse te vat of hulle op te tel nie. Strandgangers wat met hulle honde loop, is gewaarsku om seker te maak dat hulle honde nie in kontak met die visse kom of dit eet nie.

Die visse is gevaarlik omdat hulle ’n gifstof genaamd tetrodotoksien in hulle organe stoor. 

Bronne: Deep South Peninsula Pets Facebook, BBC Wildlife Magazine