Lees ook: Michelle Botes oorlede
Die aktrise Blake Lively het haar medester in die It Ends with Us-film, Justin Baldoni, gedagvaar na hy glo ’n veldtog geloods het om haar reputasie te vernietig.
Lively het beweer Baldoni en die studio wat It Ends with Us vervaardig het en die PR-maatskappy wat Baldoni aangestel het, het ten doel om haar reputasie te skaad.
Sy het beweer die veldtog het begin na sy en haar man, Ryan Reynolds, ’n vergadering met die beskuldigdes gehad het oor beweerde “herhaaldelike seksuele teistering en ander ontstellende gedrag” deur Baldoni en ’n vervaardiger tydens die vervaardiging van die film.
Bronne: The Independent, BBC, CBC News
Lees ook: Michelle Botes oorlede





