Blake Lively en Justin Baldoni se prokureurs beveel om stil te bly

Lees ook :

Blake Lively en Justin Baldoni se prokureurs beveel om openbare stellings oor saak te vermy fotokrediet: Skermgreep Youtube

Lees ook: Lastersaak tussen Blake Lively & Justin Baldoni in Maart 2026 in hof

VSA. – Die prokureurs vir Justin Baldoni en Blake Lively het gister in die hof vir samesprekings byeengekom.

Die regter in die saak, Lewis Liman, het die akteurs se prokureurs beveel om openbare stellings oor die saak te vermy, omdat dit vooroordeel by die jurielede kan veroorsaak. Hy het gesê as die prokureurs die saak in die media probeer litigeer, sal hy die verhoor, wat vir Maart 2026, geskeduleer is, vervroeg.

Die prokureurs moes in die hof verskyn ná Baldoni se prokureur nog ‘n klagte teen Lively ingedien het met ‘n “tydlyn” van die voorvalle in die saak. Baldoni se prokureurs het ook ‘n webtuiste geloods met video’s, dokumente en boodskappe wat met die saak te doen het.

Bronne: BBC, CNN, ABC News

Lees ook: Lastersaak tussen Blake Lively & Justin Baldoni in Maart 2026 in hof

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief