Lees ook: Blake Lively en Justin Baldoni stel nuwe regsaksies in
NEW YORK, VSA. – Die saak tussen Blake Lively en Justin Baldoni sal op 9 Maart 2026 voor die hof kom. ‘n Vergadering wat later in Februarie sou plaasvind, is na volgende week geskuif.
Die vergadering sal oor klagtes oor die publisiteit van die verhoor en die prokureurs se gedrag handel.
Dit volg na Lively se prokureurs beweer het Baldoni se prokureurs probeer moontlike jurielede kry om Baldoni te bevoordeel.
Lively se prokureurs het die bewerings gemaak na ‘n webtuiste geskep is wat dokumente en korrespondensie tussen Baldoni en Lively beskikbaar gestel het.
Die regter het gesê hy sal waarskynlik die hofsake wat Baldoni en Lively aanhangig gemaak het, saamvoeg vir die verhoor.
Bronne: Money Control, Star Tribune, ABC News
Lees ook: Blake Lively en Justin Baldoni stel nuwe regsaksies in





