Blake Lively se prokureurs wil hê regter moet keer dat inligting oor haar bekom kan word

Lees ook :

Blake Lively se prokureurs wil hê regter moet keer dat inligting oor haar bekom kan word fotokrediet: Skermgreep

VSA. – Blake Lively se prokureurs het ‘n regter gevra om streng reëls in te stel sodat enigiemand wat met Justin Baldoni geassosieer word nie private of intieme inligting oor hulle kliënt kan bekom nie.

Lees ook: Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur

Meryl Governski, wat Lively verteenwoordig, het ook gevra dat inligting oor haar bewerings van seksuele teistering slegs tussen die prokureurs gedeel word om haar en ander se privaatheid te beskerm. Governski het beweer Baldoni en ander het in boodskappe gespog hulle kan inligting plaas sonder “vingerafdrukke”.

Regter Lewis J. Liman het nog nie oor die versoek beslis nie.

Lively het Baldoni en nog ander in Desember gedagvaar vir seksuele teistering en oor ‘n veldtog om haar reputasie te vernietig. Baldoni het later op sy beurt vir Lively en haar man, Ryan Reynolds, vir laster en afpersing gedagvaar.

Bronne: The Independent, ABC News, CTV News

Lees ook: Blake Lively se versoek vir Justin Baldoni se selfoonrekords gedeeltelik goedgekeur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief