Bloed aan skoene verraai moordenaar

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Dewald Solomons is 15 jaar direkte tronkstraf in die Swellendam-streekhof opgelê nadat Giga Slingers (34) dood gevind en bloed aan Solomons se skoene hom verraai het.

Eric Ntabazalila sê omstandiheidsgetuienis wat aanmekaargesit is, het tot die suksesvolle vonnis gelei.

Slingers is op 27 Maart 2020 dood in Solomons se huis in Viooltjiestraat 14, in Railton, in Swellendam aangetref. Solomons is by ‘n vriend se huis in Riviersonderend gearresteer.

Heinrich Koert, die streekshofaanklaer, het getuienis gelei van die paar wat die vorige dag ‘n argument in die straat naby die huis gehad het. Solomons is die volgende oggend gesien toe hy van werksvervoer, met bloed aan sy skoene, gebruik gemaak het. Hy is ook by die werk opgemerk waar hy die bloed afwas.

Later is ‘n onaangename reuk geruik. Solomons se broer en meisie het die liggaam van Slingers op dieselfde dag in die huis ontdek. Solomons het nie weer huis toe of werk toe gegaan nie, maar het na sy vriend toe gevlug.

“Die hof het hom skuldig bevind aan die moord, nadat Koert kon bewys hy is verantwoordelik vir die dood van die oorledene.”

“Koert het aangevoer die feit dat geen direkte bewyse in hierdie saak beskikbaar was nie, het dit aansienlik moeilik gemaak. Die beskuldigde was vasbeslote om enige swakhede in die staat se saak uit te buit, en dit het samewerking tussen die aanklaer, die ondersoekbeampte, sers. Dlepu en die hofvoorbereidingsbeampte, Chanelle Claasen, vereis om te verseker dat die getuienis op die beste wyse aangebied word en dat getuies deeglik voorberei is. Dit het beslis gevoel soos om ‘n baie grusame legkaart saam te stel. Die hof het Solomons bloot op omstandigheidsgetuienis skuldig bevind, aangesien daar geen ooggetuies van die moord was nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief