Die skole sluit amper en dit raak weer tyd om die langpad aan te pak. Duisende mense gaan weer na hulle verskillende vakansiebestemmings. Padongelukke en padsterftes is ’n realiteit, maar hoe kan jy jouself daarteen beveilig?
Beveilig jou voertuig
Dit is uiters belangrik om seker te maak dat jou voertuig padwaardig is voordat jy die langpad aanpak. Laat sien ook jou voertuig by die naaste petrolstasie na om seker te maak dat alles in orde is vir die reis. Maak seker karavane en sleepwaens is ook padwaardig. Let op na flikkerligte en die toestand van die wiele.
Positiewe houding
Volgens die AA (Automobile Association) is dit belangrik om jouself geestelik voor te berei vir die lang reis. Meeste ongelukke vind plaas as gevolg van mense se houdings en negatiewe gedrag op die pad. Bly positief agter die wiel en bly so kalm as moontlik.
Ander wenke
Beplan die roete goed voor die tyd. Maak seker alle fone is gelaai. Hou by die spoedbeperkings en padreëls. Alle passasiers in die kar moet vasgegordel wees vir hulle eie veiligheid.
So bly veilig hierdie Kersseisoen. Lekker vakansie hou en kom weer veilig terug. – FiND iT-span