Brekende Nuus
Afrikaans

Bobby se dogtertjie word agt

"Jy’t die mooiste hart. Baie lief vir jou. Ek eer God dat Hy my gekies het om jou pappa te wees.”

Bobby se Armani word agt. Foto's: Instagram
Bobby se Armani word agt. Foto's: Instagram

Die sanger, Bobby van Jaarsveld, se dogtertjie Armani  het gister haar agtste verjaarsdag gevier.

Hy het haar met ’n spesiale boodskap op sy sosialemediabladsye gelukgewens.

“Happy birthday my poppie! Net so toe is jy 8 jaar oud. Jy’t die mooiste hart. Baie lief vir jou. Ek eer God dat Hy my gekies het om jou pappa te wees.”

Van Jaarsveld se nuwe enkelsnit Verlore seun word ook vandag vrygestel.

Bronne: Instagram, Bobby van Jaarsveld Facebook-blad