Boeing gaan skuld erken in bedrogsaak na ongelukke

Lees ook :

Boeing gaan skuld erken in bedrogsaak na ongelukke
Boeing gaan skuld erken in bedrogsaak na ongelukke fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing het week om bedrog te erken

VSA. – Die justisiedepartement van die VSA het gister aangekondig Boeing gaan skuld erken op ’n aanklag van sameswering tot kriminele bedrog oor die 737 MAX-vliegtuigongelukke.

Altesaam 346 persone is in die twee vliegtuigongelukke in 2018 en 2019 dood. Volgens ‘n woordvoerder van Boeing sal hulle skuld erken vir bedrog om ‘n verhoor te vermy. Die maatskappy moet nou ’n boete van $243.6 m. betaal en oor drie jaar $455 m. belê om hulle veiligheidsprogramme te verbeter.

Boeing pleit skuldig op die aanklagte dat hulle vals verslae aan die federale lugvaartadministrasie gegee het oor nuwe programmatuur wat op die MAX-vliegtuie geïnstalleer is sodat dit teen ‘n lae spoed kan vlieg.

Die sagteware het Boeing geld gespaar, want hulle kon hulle vlieëniers minder intensiewe opleiding gee.

Bronne: DW – South Africa, Sky News, NBC News

Lees ook: Boeing het week om bedrog te erken

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief