Lees ook: Aanklaers beveel kriminele klagtes aan teen Boeing oor ongelukke
VSA. – Die departement van justisie in die VSA het Boeing tot Vrydag kans gegee om te erken hulle het bedrog gepleeg. As Boeing skuld erken, sal hulle ‘n boete van $244 m. moet betaal en ‘n drie jaar proeftydperk moet aanvaar.
Indien Boeing besluit om nie skuld te erken nie, sal ‘n openbare verhoor plaasvind aangaande twee vliegtuigongelukke wat 737 Max-vliegtuie betrek.
Die families van die persone wat in die ongelukke oorlede is, is woedend en gaan dit teenstaan as Boeing skuld erken.
Bronne: The Telegraph, BBC, Interesting Engineering
Lees ook: Aanklaers beveel kriminele klagtes aan teen Boeing oor ongelukke