LOS ANGELES, VSA. – Die Federale Lugvaartadministrasie ondersoek ’n voorval waarin ’n Boeing 737 Maandag moes omdraai nadat een van die enjins aan die brand geraak het.
Lees ook: Indië beveel lugrederye om brandstofbeheerskakelaars op Boeings te ondersoek
Die vliegtuig van die Sun Country-lugredery was met 166 passasiers op pad na Minneapolis toe dit kort ná opstyging moes omdraai toe vlamme by die regterenjin uitgekom het. ‘n Noodlanding moes by die Los Angeles- internasionale lughawe gemaak word.
Sun Country-lugredery het gesê: “Ons passasiers en ons bemanning is ons prioriteit en ons waardeer die professionaliteit van ons vlieëniers en lugwaardinne wat die veiligheid van ons kliënte verseker het”.
Bronne: CNN, Daily Mail, CBS News
Lees ook: Indië beveel lugrederye om brandstofbeheerskakelaars op Boeings te ondersoek





