INDIЁ. – Die Indiese direkteur-generaal van siviele lugvaart het die land se lugrederye beveel om die brandstofbeheerskakelaars in Boeing-vliegtuie te ondersoek.
Lees ook: Indiese vlieënierverenigings verdedig vlieëniers in Air India-ongeluk
Die bevel volg na ’n verslag Saterdag vrygestel is waarin inligting van die stemopnemer gewys het een vlieënier het die ander een gevra: “Hoekom het jy die brandstofbeheerskakelaars afgesit?” en die ander vlieënier geantwoord het hy het nie. Die skakelaars is weer aangesit, maar die vliegtuig het steeds neergestort en die dood van 260 mense veroorsaak.
In die bevel word lugrederye gevra om teen 21 Julie seker te maak die skakelaars kan nie per ongeluk beweeg word nie, soos voorgestel is in ’n 2018-verslag deur die federale lugvaartadministrasie.
Die federale lugvaartadministrasie het Maandag gesê die brandstofbeheerskakelaars op Boeing-vliegtuie is veilig en dat die 2018-verslag “gebaseer was op verslae dat die skakelaars geïnstalleer is met die sluit-kenmerk af”, maar dit het bygevoeg dit glo nie dit maak vliegtuie onveilig nie.
Bronne: BBC, India Today, The Independent
Lees ook: Indiese vlieënierverenigings verdedig vlieëniers in Air India-ongeluk





