Lees ook: Families van Boeing-slagoffers staan pleitooreenkoms teen
KAZAKHSTAN. – ’n Boeing 777 wat op pad was na Zürich vanaf Tokio moes ’n noodlanding in Kazakstan maak na ’n mediese voorval tydens die vlug.
Daar was ook probleme na die vliegtuig geland het toe die voorste wiel in die gras vasgesit en die vliegtuig na die aanloopbaan gesleep moes word. Die vliegtuig sal ondersoek word om te kyk vir skade.
Geen passasiers is tydens die voorval beseer nie. Dit is onbekend wat die aard van die mediese voorval was.
Bronne: Channel News Asia, Reuters, India Today
Lees ook: NASA besluit moontlik volgende week oor Boeing Starliner





