VSA. – ’n Federale regter het beveel dat Boeing se kriminele saak oor nalatigheid in die Ethiopian Airlines-ongeluk in 2019 voor ’n jurie verhoor gaan word.
Lees ook: Regter verwerp Boeing se pleitooreenkoms ná vliegtuigongelukke
Dit volg na Boeing probeer het om die skuldpleitooreenkoms te onttrek na dit beskuldig is van nalatigheid en die misleiding van reguleerders oor twee 737 Max-vliegtuigongelukke in 2018 en 2019.
’n Berig in die Wall Street Journal het beweer Boeing hoop vir beter behandeling deur die justisiedepartement wat kriminele sake nagaan wat nog onder Trump se administrasie verhoor moet word.
Die verhoor sal op 23 Junie begin.
Bronne: Flying Mag, Newsbreak, Voice of America
Lees ook: Regter verwerp Boeing se pleitooreenkoms ná vliegtuigongelukke
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





