Boeing word ondersoek oor moontlike kortpaaie en vals rekords

Lees ook :

Boeing word ondersoek oor moontlike kortpaaie en vals rekords
Boeing word ondersoek oor moontlike kortpaaie en vals rekords fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog 10 fluitjieblasers kom na vore oor Boeing

VSA. – Die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) gaan ondersoek of Boeing kortpaaie tydens inspeksies van die 787 Dreamliner-vliegtuig geneem het. Hulle ondersoek ook of werknemers vals rekords opgestel het om te sê die werk is voltooi.

Boeing het die FAA ingelig dat die maatskappy moontlik nie die nodige inspeksies voltooi het om te verseker daar is ’n veilige, funksionele elektriese vloei tussen komponente in die vliegtuig nie.

Die probleem met die Dreamliner is aangemeld na ‘n werknemer opgelet het daar is ‘n “onreëlmatigheid in die vereiste ooreenstemmingstoets van die verbinding van die vlerk en liggaam van die tuig.” Hy het die probleem by sy bestuurder aangemeld wat dit by die leierskap aangemeld het.

Die ondersoek volg na verskeie probleme met Boeing 737-vliegtuie en twee fluitjieblasers wat oorlede is na veiligheidsprobleme aangemeld is.

Bronne: Briefly, The Wall Street Journal, The Washington Post

Lees ook: Nog 10 fluitjieblasers kom na vore oor Boeing

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief