Boer en werknemers in hof na vroueliggame in varkhok ontdek is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Zachariah Olivier (60), ‘n boer, en sy twee werknemers, Adriaan de Wet (19) en William Musoro (45). ‘n buitelandse burger, het in die Mankweng-landdroshof voorgekom.

Die hofverskyning volg nadat twee ontbinde vroueliggame in ‘n varkhok op die plaas gevind is. Die verdagtes is gearresteer en het op aanklagte van twee moorde, een aanklag van poging tot moord, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, regsverydeling en vir Musoro die oortreding van die immigrasiewet, in die hof verskyn.

Die ondersoek is begin toe ‘n vrou (45), vergesel van ‘n vroulike buitelandse burger (35), wat die plaas op 17 Augustus besoek het, as vermis aangemeld is. Beide is met skietwonde gevind. ‘n Manlike buitelandse burger (47), wat saam met die vroue was, herstel van ‘n skietwond in die hospitaal.

Kol. Malesela Ledwaba sê die hofsaak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 30 Augustus uitgestel.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief