WES-KAAP. – Christoffel Stoman (70) het Maandag in die Lutzville-landdroshof voorgekom nadat Khwezi Jantjies (6) se bene gebreek is toe ‘n voertuig Vrydag bo-oor hom gery het.
Lt.kol. Malcolm Pojie sê aan Nuusflits die plaaslike polisie ondersoek sake van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur. Die jong seun het frakture aan beide bene opgedoen. Die voorval het omstreeks 12:00 plaasgevind in Stasiestraat, waar die seun en sy ma gestap het. Volgens berigte het ’n voertuig met ’n sleepwa reguit op hulle afgery en die jong seun getref, waarna die voertuig oor hom gery het. Die ernstig beseerde seun is deur Vredendal-hospitaal na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas waar hy nood- mediese behandeling ontvang het.
Stoman is ná die voorval in hegtenis geneem en het Maandag vir sy eerste hofverskyning aangemeld. Die ondersoek duur voort.
Pojie sê die ondersoek duur voort.
Volgens eNCA het Stoman glo oor ‘n gesteelde lemoen oor Jantjies gery.