NOORD-KAAP. – ‘n Boer op ‘n plaas in die Loeriesfontein-gebied is Dinsdagnag omstreeks middernag deur verdagtes in sy plaashuis oorval.
Kol. Cherelle Ehlers sê aan Nuusflits vier vermomde persone het glo die huis betree en die boer vasgebind. Die boer se bakkie, wat na bewering tydens die insident gesteel is, is verlate op die Niewoudtvillepad gekry. ‘n Boer op ‘n buurplaas het Woensdagoggend omstreeks 07:30 die polisie ontbied. Die boer is volgens berig word nie beseer nie.
Ehlers sê die Loeriesfontein-polisie is dadelik na die toneel en is steeds met die ondersoek besig.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com