Boer in Noord-Kaap op plaas oorval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Boer op ‘n plaas in die Loeriesfontein-gebied is Dinsdagnag omstreeks middernag deur verdagtes in sy plaashuis oorval.

Kol. Cherelle Ehlers sê aan Nuusflits vier vermomde persone het glo die huis betree en die boer vasgebind. Die boer se bakkie, wat na bewering tydens die insident gesteel is, is verlate op die Niewoudtvillepad gekry. ‘n Boer op ‘n buurplaas het Woensdagoggend omstreeks 07:30 die polisie ontbied. Die boer is volgens berig word nie beseer nie.

Ehlers sê die Loeriesfontein-polisie is dadelik na die toneel en is steeds met die ondersoek besig.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief