Boer in skaapkraal doodgesteek, vrou aangerand

Lees ook :

NOORDWES. – ’n Boer (67) is gistermiddag op sy plaas Leeufontein, naby Wolmaransstad, in ’n skaapkraal doodgesteek.

Luidens Netwerk24 is sy vrou (66) erg aangerand en in die hospitaal opgeneem.

“Volgens kol. Adele Myburgh, die provinsiale polisiewoordvoerder, het vyf verdagtes om 17:30 by die plaas aangekom en vir die egpaar gesê hulle wil skape koop.”

Die verdagtes, drie mans en twee vroue, is saam met die egpaar na die kraal om skape te gaan kies. Hulle is toe glo deur die verdagtes oorrompel. Van die verdagtes het die vrou na die huis geneem en op die kluis se sleutels aangedring, terwyl die ander die man in die kraal vasgebind het, het Myburgh aan Netwerk24 gesê.

“Die egpaar se seun (43) was glo in ’n ander kraal toe hy die verdagtes sien hardloop en het sy pa se lyk in die skaapkraal gevind.”

Myburgh het ook aan Netwerk24 gesê dit is in die stadium nog nie bekend of die verdagtes enigiets gesteel het nie, maar ’n saak van moord en plaasaanval is geopen.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief