Boer soek ’n Vrou se Francois en Vanessa haak af

Lees ook :

Boer soek ’n Vrou se Francois en Vanessa haak af. Foto's: Facebook

Francois Fourie en Vanessa van Boer soek ’n Vrou se 15de seisoen het die naweek getrou.

Die paartjie het op die Louvain -gussen George en Uniondale afgehaak. Boer Chére van hulle seisoen was die seremoniemeester.

Marciel Hopkins het die getroude paartjie gelukgewens. “Noem my sentimenteel, maar dit is regtig vir my super spesiaal om Boer soek ’n Vrou-troues by te woon. Dit was die grootste voorreg om deel te kon wees van julle sprokiesverhaalreis na liefde, Francois en Vanessa, en om dan daar te wees toe julle aan mekaar trou beloof.”

“My wens vir julle huwelik en klein Sion is seëninge in oorvloed,” skryf Hopkins.

Bron: Marciel Hopkins Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief