Boere ongelukkig oor ‘raskwotas’ vir water in Suid-Afrika

Lees ook :

Lees ook: Gerhard Ackerman se tweede seksuele aanrandingsaak uitgestel tot Julie

Agri SA het ‘n waarskuwing uitgereik oor die wetsontwerp wat toegang tot water in Suid-Afrika op grond van ras sal bepaal. Hulle het gesê dit sal ‘n “katastrofiese impak op voedselverskerheid en indiensneming in die landbousektor hê”.

Volgens die wetsontwerp wat deur die departement van water en sanitasie in Mei 2023 in die Staatskoerant afgekondig is, sal sekere ondernemings wat aansoek moet doen vir waterlisensies tot 75% aandele aan swart Suid-Afrikaners moet gee om hulle waterlisensies te kan ontvang.

Volgens die departement sal dit gelykheid bewerkstellig en die rassediskriminasie van die verlede regstel.

Die voorgeskrewe minimum swart Suid-Afrikaanse aandeelhoudingsvereistes van 25%, 50% of 75% wat vereis word vir ‘n watergebruikslisensie, hang af van die hoeveelheid water wat onttrek of gestoor word of die area wat gedek word. Die voorgestelde regulasies stel ook mynmaatskappye, die staats- en staatsbeheerde entiteite en 100% entiteite in swart besit vry.

Agri SA het gesê dit kom voor of die wetsontwerp gemik is op boere wat deur ‘n kostekort in die gesig gestaar word en 800 000 mense se werk wat hierdeur bedreig sal word.

Bronne: BusinessTech, My Broadband, TimesLIVE

Lees ook: Gerhard Ackerman se tweede seksuele aanrandingsaak uitgestel tot Julie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief