Boeta – Episode 27. Geskryf deur Eric R Kok

Lees ook :

Die gesing van voëltjies maak vir Titus wakker. Sy maak haar oë stadig oop en kyk na die plafon. Sy knip haar oë ‘n paar keer en gee ‘n lang sug. Dis oggend en sy moet opstaan maar sy het nie die energie nie. Sy het die hele nag rondgerol en kon nie aan die slaap raak. 

Haar gewete het haar gepla. Toe tien uur slaan het sy vir Boeta gebel maar sy selfoon was af. Titus het opgesit en seker ses koppies tee gedrink voor sy besluit het om vir Boeta te gaan soek. Sy het seker gemaak Brendon was vas aan die slaap en toe gaan soek sy vir Boeta by Wilson. Hulle twee was soos broers. Onskeibaar en as Boeta enige plek was dan sou dit by Wilson wees. 

Titus het vir ‘n lang ruk voor die hek staan en roep toe die sitkamer lig uiteindelik aangaan. 

Dit was Wilson se pa. Oom David. Hy het sommer van die deur af gevra wie is sy en wat soek sy daai tyd van die nag. Na ‘n lang verduideliking het oom David vir haar die hek oop gemaak en laat in gaan toe gaan maak hy vir Wilson wakker. Die arme kind is sommer uit sy warm bed uit gevloek en skel. 

Wilson het aanhou gesê dat hy nie weet waar Boeta is nie en toe kom oom David met die sambok. 

Wilson het toe erken dat hulle ‘n stry gehad het en dat Boeta wel vroeër daar was maar hy weet nie waarheen Boeta gegaan het nie. 

Titus se oë het vol trane geskiet en sy wou eers die polisie bel maar wat sou sy vir hulle vertel… Oom David het vir ‘n sterk beker koffie aangebied en sys later daar weg met ‘n gebroke hart. 

Titus het by die huis gekom en op haar knieë in haar kamer gegaan en gebid vir Boeta se veiligheid en dat hy sal terugkeer huis toe. 

Nou lê Titus in haar met ‘n leemte in haar hart. Waar is haar Boeta? 

Leticia is baie omgekrap. Nadat sy vir Boeta haar adres gegee het het hy nooit by haar uit gekom nie. Sy het vir hom seker al twintig keer gebel maar hy het sy selfoon af gesit. Ses boodskappe later het sy besluit om vir Boeta uit te los en het ingekruip om te slaap maar vanoggend voel sy glad nie gelukkig nie. 

Wie dink hy is hy om vir haar vir ‘n fool te vat. 

‘Never ever let your gaurd down again girl for any man’ Skel sy haarself. Veral ‘n Roodepan man! 

Leticia kyk haarself nog ‘n laaste keer in die spieël en glimlag. Wat sal ‘n mooi intelligente meisie soos sy vir haar staan en ophou met iemand soos Boeta. 

Leticia draai om en stap vinnig by die badkamer uit. 

Sy gryp haar boeke sak op die kombuis tafel en gaan uit by die voordeur. 

Dis nog baie vroeg maar Leticia kan sommer sien dit gaan ‘n mooi dag wees. 

Sy besluit om nie haar dag te spoil nie en haal eerder selfoon uit om na musiek te luister om te vergeet van die vorige aand se hartseer. Die song van Kelly Clarkson begin speel en Leticia sing saam, what does kill you makes you stronger… 

Leticia stap op die ritme van die musiek. Sy maak die hek oop en gaan uit maar ewe skielik stop sy. 

Haar mond gaan oop. Iemand lê in ‘n bondel op die grond. Die persoon is vol bloed. Leticia gee ‘n treë nader om uit te maak wie dit is en toe erken sy die persoon. Sy gesig is en kop vol bloed. Een oog is opgeswel. 

Leticia se asem slaan heeltemal weg. 

“Boeta….”

Is boeta Dood? 

WORD VERVOLG. 

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App