Boeta – Episode 29. Geskryf deur Eric R Kok

Lees ook :

Die weer het vinnig verander en die mooi blou lug verdwyn vinnig agter die donker reën wolke. ‘n sterk wind begin waai en Boeta hou sy hand vir die sand was teen sy gesig waai. 

In die verte hoor hy die oggend verkeer maar dit is ver. Hier waar hy staan by die treinspoor is geen teken van lewe behalwe vir ‘n duif wat iewers in die lang bome sit en koer. 

Boeta het homself oorreed dat daar net een oplossing vir al sy probleme is. Hy het geen ander keuse. 

Dit sal die beste wees vir almal. Sy ma sal nie meer hoef te stress en skel nie. Leticia sal iemand anders ontmoet, iemand ver beter as hy. ‘n cheeseboy. Ja. 

Hy hoop tog net dat Oom Stoffel orraait sal wees. 

‘n trein fluit iewers in die verte. Gans te ver om te sien maar naby genoeg om te hoor. 

Boeta kyk na waar die geluid van dan kom en besef dat net ‘n paar minute het om ‘n finale besluit te maak. 

Titus het besluit om nie vandag werk toe te gaan nie sodat sy eerder vir Boeta kan gaan soek. Iets pla haar. Sy het net ‘n gevoel van dat iets met Boeta gebeur het. Sy moet hom kry sodat hy kan huistoe kom, maak nie saak wat hy gedoen het nie bly hy steeds haar kind. Brendon is skool toe en die huis is nou stil. Titus wat vir haarself nog ‘n koppie tee gemaak het sluk die laaste bietjie en spoel die koppie onder die kraan by die sink uit. 

Sy verlaat die huis en by die voorhek gaan sy eers staan om te besluit in watter rigting sy eers gaande begin soek. By wie gaan sy hom nou gaan soek. Titus raak angstig. 

‘Boeta my kind, waar is jy tog.’

Die trein se gefluit kondig aan dat dit nou baie naby is. Boeta kan die trein se kop net net uit maak. Die wind waai steeds. Boeta sug. Hy voel baie senuweeagtig maar hy het sy besluit gemaak. Dis nou of nooit. 

Hy het twee boodskappe op sy selfoon getik. Een vir sy ma en wen vir Leticia. Die wat hy vir Wilson getik het, het hy delete. 

Boeta lees weer die boodskappe en begin met sy ma sin. 

…. Ma, Ek is lief vir ma. Ek is jammer vir al die stress wat ek vir ma gegee het. Sorry ek het al die verkeerde dinges gedoen. Vergewe my. Ek is lief vir ma en Brendon…. 

‘n traan val op die selfoon se skerm. Boeta kyk op en knip sy oë om die ander te keer. Hy byt op sy lip en druk send. 

Hy maak Leticia se boodskap oop. 

… HEY, I’m sorry for hurting you the way I did. 

I also like you alot. I just wanted to be the kind of guy you need. ;I hope you can forgive and find happiness…. 

Boeta huiwer om die boodskap te stuur. 

Die geraas van die trein rak al hoe harder. Boeta kan dit al duidelik in die verte sien aankom. 

Titus het by Mr. Nel hulp gaan vra om vir Boeta te soek. Sy het vir alles vertel en nou wag sy dat hy net eers klaar praat met die vloer bestuurder voordat hy saam met haar gaan. Haar selfoon begin lui en sy krap vinnig in haar handsak om dit te kry. Dalk is dit Boeta wat bel. 

Dis ‘n boodskap van Boeta af. Titus maak dit oop om te lees sy begin huil. 

Leticia sit saam met haar vriendinne. Hulle is op ‘n breek en die geselskap oor vandag se klasse het vinnig verander na seuns. Sy luister lankal nie meer nie en staar in gedagte na ‘n groepie ander studente wat op die stoep staan en gesels. Sy dink aan Boeta. Sy voel sleg omdat sy hom so lelik weggejaag het maar wat anders kon sy doen. Hy het vir haar gelieg. Sy is moeg vir die dat seuns met hulle gladde tonge vir haar bedrieg. Skielik vibreer haar selfoon in haar sak… 

Wilson staan en luister vir Leeroy wat vir vertel hoedat hulle karre moet begin hijack want dan kan hulle meer geld maak. Angelo skud opgewonde sy kop maar Wilson twyfel. Dit klink gevaarlik. Miskien was Boeta reg gewees om homself te onttrek. 

Die trein is nou baie naby. 

Boeta staan langs die treinspoor. Hy skep moed en kyk nog een keer op na die lug om die laaste van die son te sien maar dus lankal weg agter die donker wolke. 

Hy trap versigtig sodat hy in die middel van die yster spore staan. Die aarde onder hom bewe en die geraas van die trein saam met die wind word al hoe erger. 

Ferreira is al heel oggend lus vir die beker koffie wat hy nou eers gekry het. Die nuwe assistent bestuurder moes eers gemaklik raak in die klein kombuis area voordat hy uiteindelik vir hulle koffie gemaak het. 

Ferreira vryf met sy vrye hand oor sy oë. Hy is uitgeput na die lang nag se ry. 

Met die dat hy sy hand wegvat sien hy die figuur wat reg in die middel van die treinspoor staan. Van skrik val die beker koffie in sy skoot en warm vloeistof brand hom. Ferreira spring uit sy sitplek. 

Die trein kom op Boeta afgepyl met ‘n vinnige spoed. Hy maak sy oë toe. Enige oomblik nou en dan is alles verby. 

Die trein is nou verskriklik naby. 

Die deur gaan oop en van skrik kyk Boeta met groot oë om. 

Titus stoot die deur wyer oop. 

“Ek sit sommer die ketel aan dan maak ek vir Mr. Nel ‘n lekker koppie…” Titus vries net waar sy staan. Sy knip haar oë. Kan dit waar wees? 

“Boeta…??”

Boeta staan stadig van sy stoel af op. Sy gewete rus swaar op sy skouers. Hy kyk skamerig na sy ma. 

“Ma…”

“My liewe kind…kyk hoe lyk jy.” Titus is heel emosioneel en gaan met oop arms na Boeta. 

“Wat het gebeur. Waar was jy die hele tyd?” 

Hulle omhels. Boeta probeer sy trane keer en troos sy ma wat begin huil. 

“Ek was so bekommerd…”

Mr.Nel verskyn maar hy gee die twee kans om te praat. 

Na die stywe lang drukkie. Soek Titus vir ‘n sakdoek wat sy in haar broeksak kry. 

“Ons het jou orals gaan soek Boeta…” 

Titus blaas haar neus uit. Haar oë is rooi van al die huil. 

“Ek is jammer Ma. Vergewe my asseblief. Ek belowe ek sal ‘n beter mens wees…” 

Boeta kyk na Mr.Nel wat ongemaklik by die deur staan. 

“…En Mr.Nel ek sal die werk vat… As dit nog beskikbaar is?” 

Mr.Nel knik sy kop en kom nader. 

“Ja definitief seun.”

‘n klop aan die deur onder breek oomblik. 

Titus snuif en kyk nuuskierig na die deur. 

Sy vee haar trane af. 

“Nou wie kan dit wees die tyd van die dag?”

Mr.Nel draai terug na die deur en gaan kyk wie dit is. 

“Kom ek maak solank vir ons lekker tee. Boeta kry solank vir ons koppies.” Titus draai na die kombuiskas. 

Mr.Nel draai sy kop en kyk na Boeta. 

“Hier is ‘n jong dame wat vir jou soek Boeta…”

Titus kyk nuuskierig na Boeta. Hy frons. Wie kan dit wees. Dink hy. Hy los die koppies en gaan stadig deur toe. 

Mr. Nel gee pad en gaan help vir Titus. 

By die deur sien Boeta wie dit is en hy word heeltemal warm van skaam kry. 

“Leticia…”

Sy staan met haar arms gebou en kyk vir Boeta reg in sy oë. 

“Boeta Abrahams. Is die laaste keer dat jy my so ‘n heart attack gee hoor jy vir my!” 

Boeta weet nie wat om te sê nie en knik liewer net sy kop. 

“En watse boodskap is die wat jy vir my stuur ha?” 

Leticia hou haar selfoon uit en dit druk amper in Boeta se gesig. 

Boeta begin te bloos. 

“Sorry. Moet dit nie kop toe vat nie.”

Leticia draai haar kop. 

“OH. So nou moet ek dit nie kop toe vat… This guy.”

Leticia vou weer haar arms en dis duidelik dat sy haarself regmaak om vir Boeta sy leviete voorlê. Boeta begin paniek. Hy wil nie hê sy ma moet uitkom nie, nie wanneer Leticia sulke scene maak nie. Doen iets Boeta! Skel hy homself. 

“And by the way…”

Boeta gryp vir Leticia en voordat sy kan reageer en trek hy haar nader aan hom en soen haar. 

Leticia se oë raak groot. Haar asem slaan skoon weg. Sy wil stry. Sy wil vir Boeta wegdruk maar haar liggaam verraai haar. Haar arms hang slaap langs haar sye en sy begin rooi te trek. 

Vir Boeta voel dit asof vuurwerke af gaan net soos in die movies. Sy hart klop so vinnig en die tyd voel asof dit heeltemal gaan staan het. Leticia is so lekker sag en hy hou die soen vir so lank as wat hy kan. Hy maak sy oë vir ‘n oomblik toe. Hy weet nie wat hom besiel het nie maar sy plan werk. 

“What do you think your doing?!” 

Leticia druk hom uiteindelik weg en net toe hy sy oë oop maak land die warm klap op sy wang. 

Leticia haal diep asem en trek haarself reg. 

Boeta vryf sy wang. 

“Sorry I didn’t know what else to do.” sê hy. 

Leticia kry haar asem terug. 

“Well firstly. I liked it…” Sy glimlag. 

“…And secondly…”

“Shhhh.” Boeta sit sy vinger op haar mond. 

“Whatever you are going to say. I just want to let you know that I am really sorry for the way I treated you and if you give me a second I will really make things right no matter what it takes. I mean it.”

Leticia kyk eers vir lang ruk na Boeta. So asof sy vir hom opsom en toe gee sy ‘n tree nader en omhels hom. 

” You better.” fluister sy. 

“HEY. WATSE GEVRYERY GAAN HIER AAN. BOETA…”

“Mammie. Mammie…” Brendon kom aangehardloop. Sy skoolsak wip op sy rug. 

“Boeta het ‘n girlfriend. Ek het gesien hoe soen hulle.” sê hy uitasem. 

Boeta en Leticia kyk altwee na Titus wat in die deur staan met ‘n koppie koffie in haar hand. Mr.Nel loer ook nuuskierig waar hy langs haar staan. 

Boeta glimlag skamerig. Hy maak sy keel skoon. 

“Ma. Die is Leticia.” Hy kyk na Leticia en glimlag breed. 

“Leticia, die is my ma…”

Twee weke later. 

Boeta verkyk homself in die spieël. Hy het vir die hoeveelste keer sy hemp verander maar kry net nie een wat pas nie. Hy wil nie te formeel aangetrek wees nie maar ook nie te casual nie. Hy skep diep asem. 

‘Okay, Mr Abrahams. Relax.’ 

Boeta knoop sy hemp en kyk himself nog een keer in die spieël. 

“Boeta. Ma sê jy moet kom. Ons is honger.” sonder om te wag vir ‘n antwoord draai Brendon om en verdwyn weer so vinnig soos wat hy verskyn het. 

Boeta skud sy kop en volg sy broertjie. 

In die kombuis is Titus en Leticia diep in gesprek oor een of ander resep terwyl hulle die borde reg sit. Hulle hou op die oomblik toe hulle vir Boeta gewaar. 

“Aitsa. Kyk hoe grend lyk my kind.” sê Titus spoggerig. 

Leticia glimlag net en knip vir hom oog. 

“Kom tog laat ons eet. Ek is honger mammie.”

Almal begin lag vir Brendon wat homself vererg. Hy gaan sit by die tafel en vou sy arms. 

“Boeta gaan sit olank af die tv laat ek skep voordat ek vanaand aan gaan kla word.”

Titus kyk ernstig na Brendon. 

“En Brendon jy moet tog nie vanaand so aangaan nie. Mr.Nel kom kuier so gedra jou.”

Boeta vryf spelerig oor Brendon se kop en hy probeer kamma steeds ernstig lyk maar hy begin glimlag. 

Boeta gaan sitkamer toe en soek die tv se remote. 

“… Breaking News at seven. This just in…”

Die nuus omroeper maak homself reg om die nuusberig voor te lees. Boeta het nie nou lus vir die nuus nie en kyk vir die remote op die groot sofa. 

“… A gang involved in a spate of hijackings have been apprehend by police earlier today and one of the suspects have been killed in a shoot-out…”

Boeta kyk op en staar a die tv. ‘n video van die toeval speel op die skerm en hy erken een van die mans wat deur die polisie weggelei word. Dit is Leeroy. 

“…It is believed that the gang was involved in other crimes around the city. We now cross live to our correspondent….”

Boeta luister nie meer nie. Hy staan bewegingloos voor die tv. 

“Boeta.” sê sy ma skielik hier langs hom. Hy skrik. 

“Ons wag die hele tyd vir jou. Sit sommer die tv by die knoppie af toe.” Sy draai om en verdwyn kombuis toe. 

Boeta sit die tv af en volg haar. Hy neem sy plek in langs Leticia en probeer opgewonde voorkom. Hy wil nie aand bederf nie. Dinge het so mooi vir hom uitgewerk. Hy werk nou as ‘n pakker by Mr.Nel se winkel. Hy en Leticia vry nou amptelik al is haar pa nie heeltemal happy met die idee nie is haar ma okay net dit. Boeta loop ook nou and skool om sy matriek te voltooi en dinge by die huis is baie beter. Die nuusberig was onverwags en wat as dit Wilson is wat doodgeskiet is. Hulle het nooit gepraat vandat hy daar weg was nie. 

Tjoef! 

Die ligte slaan af. 

“Oh, jinne al weer eskom.” sê Titus en sug. 

“Brendon kry die kerse daar in die kas.”

Leticia begin lag. 

“Looks like we are eating by candlelight tonight.” sê sy onderdeur die lag. 

‘n skielike klop aan die deur trek almal se aandag. 

Titus steek die kerse aan. 

“Dis seker Mr.Nel. Boeta maak asseblief vir hom oop..”

Boeta loer vinnig na sy ma. Hy sien hoe ‘n glimlaggie om haar mondhoeke speel. 

Die klop kom weer. Harder en meer dringend. 

Boeta maak die deur oop en skrik. Dit is nie Mr.Nel wat by die deur is nie. 

“Good evening ” sê die breë polisieman wat langs sy kollega toring. 

Boeta se keel is met eens droog. 

“uhm.. Evening.” groet hy terug. 

“Sê vir Mr.Nel hy moet inkom. Wat staan hy nou so in die deur…” sê Titus en is besig met nog ‘n kers. Sy kyk op. 

“En nou?!” vra sy vir Boeta. Sy sien die twee polisie manne wat verskyn. 

“Naand. Vir wie soek julle?” 

Die breë polisie man maak sy keel skoon. 

“We are looking for a mister Abie Abrahams.”

“Boeta Abrahams.” vroeg sy kollega by. 

Titus kyk verbaas na Boeta en weer terug na die polisie manne. 

“Hoekom soek julle hom?” 

“Mam Boeta Abrahams was involved in a robbery and housebreaking incident.”

Titus kyk weer na Boeta. Sy skud stadig haar kop. 

“Wat, Nee. Nie my Boeta nie…Wie dra so lieg stories aan ha?!” 

“Mam one of the hijackers gave us a tip off that your son Boeta was part of their gang…”

Boeta laat sak sy kop in skaamte. Hy het nie vir sy ma vertel van die roof by aunt Patricia nie of van die inbraak by Oom stoffel se huis. 

“Dit was ek Ma.”

Titus spring om die tafel en kom staan beskermend voor Boeta. 

“Nee. Nee. Julle kan nie my kind vat nie. Nee!” 

“Mam, please do not obstruct us in carrying our our duty…”

Brendon wat agterkom iets is fout kom staan bekommerd langs Boeta. Leticia kyk geskok na Boeta. 

“Ma, Leticia julle moenie worry nie. Ek het altyd shortcuts gevat of weggehardloop vir my problems. Ek gaan van nou af verantwoordelikheid neem vir my aksies.”

“Boeta…” Leticia wil na hom toe kom maar hy skud sy kop. 

Hy kyk op na die breë polisie man en hou sy hande uit. 

“I am Boeta Abrahams.”

Die breë polisie man haal sy hand boeie uit.

“Please turn around…”

Boeta maak soos aan hom beveel word en hy voel die koue yster boeie om sy gewrigte. 

“Boeta Abrahams you are hereby taken into custody on the grounds that you are suspect and wanted for robbery and burglary. Anything you say or do can be used against you…”

Titus begin saggies te huil en Leticia troos haar. 

“…You have the right to an attorney of your choice. You have the right to remain silent…”

Brendon trek aan Boeta se hemp. Sy oë is vol trane. 

“Boeta wat gaan aan? Want oë vat hulle jou?” 

Boeta kyk af na sy jonger broer en probeer glimlag. 

“Moenie worry nie. Jy is nou die Boeta in die huis. Vee af jou trane en wees sterk vir ma okay.”

Brendon knik met sy kop. 

“Okay.” sê hy en vee sy trane af met sy hemp se mou. 

“Come now.” sê die breë polisieman en stoot vir Boeta deur toe. 

Boeta draai sy kop en gee sy ma hulle nog een laaste kyk. 

“Alles gaan okay wees.”

Die polisie manne lei vir Boeta uit. 

Buite verf die rooi en blou ligte van die polisie bakkie die nag. ‘n groepie nuuskieriges drom alreeds om die bakkie. Oom Jerry staan en kyk van sy stoep af. 

Boeta klim agter in en nadat die polisie man die nuuskierige groep mense uit die pad jaag trek hulle weg met rooi en blou ligte wat flikker. 

‘n Traan loop langs Boeta se wang af. Hy maak sy oë toe en begin bid, vir sy ma hulle en vir homself ook. 

Die Einde. 

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies, mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App