Boetie en sussie se verdrinking ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Botwelethu (7) en Iviwe (3) Zakumba het Maandag in ‘n reservoir in Kwanobuhle, naby KwaMashu, verdrink.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê lede van die gemeenskap het omstreeks 18:30 hulpkrete op die hoek van 10de en 1ste Laan gehoor. Met die pa en nog mense se aankoms by die reservoir is Iviwe gevind en deur sy pa na die Laetitia Bam-hospitaal gehaas, maar hy is met aankoms dood verklaar.

Botwelethu was glo in die gat langs die reservoir waar herstelwerk ‘n tyd gelede gedoen is en tans met water gevul is. Polisieduikers het haar liggaam uit die gat gehaal.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Die ondersoek deur Kwanobuhle-speurders duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief