Boetie en sussies wat sterf, se name bekend

Lees ook :

GAUTENG. – Moeketsi Mokhatla (10) in gr. 4, Tshepiso Tsotetsi (10) in gr. 3 en Rethabile Mokhatla (11) in gr. 5, ‘n boetie en twee sussies van Laerskool Evaton, het Maandag gesterf.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement, het die drie kinders vandag amptelik geïdentifiseer.

Die jongste sussie het, toe al drie by die skool siek raak en haar sibbe bewusteloos geraak het, terwyl sy nog kon kommunikeer, gesê hulle het die oggend tuis saam ontbyt bestaande uit pap, melk en koekies geëet.

Al drie is by ‘n nabygeleë kliniek dood verklaar.

Die polisie ondersoek die drie kinders se dood.

Nuusflits het Dinsdag soos volg berig:

‘n Boetie in gr. 4, sy jonger sussie in gr. 3 en ouer sussie in gr. 5, al drie van Laerskool Evaton in Sebokeng, het Maandag al drie by die skool gesterf na hulle by die huis geeët en siek geraak het.

Die leerders is in ‘n brief van die skool as Tshepiso Tsotetsi, Moeketsi Mokhatla en Rethabile Mokhatla geïdentifiseer.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê het ‘n personeellid het die boetie omstreeks 08:00 siekeboeg toe geneem. Hy het onmiddellike hulp gekry, maar was kort daarna bewusteloos. Nooddienste en die leerder se ma is dadelik gekontak. Kort daarna is die jongste sussie ook siekeboeg toe genoem en het genoem hulle het pap, melk en koekies tuis geeët. Sy was ook kort na haar boetie bewusteloos. Die ouer sussie was ook kort daarna bewusteloos. Al drie is na ‘n nabygeleë kliniek gehaas, maar is dood verklaar.

Die omstandighede van die drie sibbes se afsterwe word deur die polisie ondersoek.

“Ons is hartseer oor die tragiese verlies van jong lewens. Ons gedagtes en gebede is by die families, vriende en skoolgemeenskappe wat deur hierdie verwoestende voorvalle geraak word. Ons psigososiale ondersteuningspan sal nodige ondersteuning aan almal wat betrokke is tydens hierdie moeilike tyd, bied,” sê LUR Matome Chiloane.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief