Bondi Beach – dodetal in terreuraanval styg

Lees ook :

Foto: The Sydney Morning Herald

AUSTRALIë. – Die Australiese nasionale veiligheidskomitee is Maandag dringend byeengeroep, ná ’n terreuraanval Sondag tydens die Hanukkah-viering op Bondi Beach in Sydney minstens 16 lewens tussen 10 en 87 jaar oud geëis het. ‘n Ooggetuie, Ahmed al Ahmed, is as ’n held bestempel nadat hy een van die aanvallers oorweldig en ontwapen het, voordat hy met beserings in ‘n hospitaal opgeneem is.

Minstens 40 mense is teen vangoggend steeds in hospitale opgeneem, met verskeie in ’n kritieke toestand. Die Nieu-Suid-Wallis-polisiekommissaris, Mal Lanyon, het gesê die aanvallers was ’n pa en sy seun. ‘n 50-jarige verdagte is tydens ’n skietery met die polisie dood, terwyl ‘n 24-jarige in ’n hospitaal behandel word. Die moontlikheid van ‘n derde verdagte word genoem.

Anthony Albanese, die eerste minister, het gesê die skietery was “’n doelgerigte aanval op Joodse Australiërs” en dat Australië “nooit aan verdeeldheid en haat sal onderwerp nie”. Die aanval is as ‘n tereurdaad geklassifiseer. Volgens Albanese werk nasionale veiligheidsagentskappe saam om almal wat by die voorval betrokke is, te identifiseer.

Nigel Ryan, die waarnemende adjunkkommissaris vir nasionale veiligheid van die AFP, het bevestig dat die voorval formeel as ’n terreurinsident verklaar is en dat die AFP, Nieu-Suid-Wallis-polisie en ASIO gesamentlik ondersoek instel. “Alle beskikbare hulpbronne word ingespan,” het hy gesê. Mike Burgerss, ASIO se direkteur-generaal, het gesê die agentskap ondersteun die ondersoek en dat die nasionale terreurdreigingsvlak onveranderd op waarskynlik bly. Druk hier om meer te lees.

Luidens ’n verklaring van die NSW-regering was die voorval daarop gemik om Sydney se Joodse gemeenskap op die eerste dag van Hanukkah te teiken. Die regering sê sulke voorvalle het geen plek in die samelewing nie en dat elke persoon die reg het om veilig te voel in die deelstaat. Die regering het bevestig dat haat en geweld nie geduld sal word nie. Druk hier om meer te lees.

Bronne: Al Jazeera, 9 News, Verklaring Eerste Minister Australië, NSW-regering-verklaring, BBC, ABC News, News.com.au, 7 News Sydney

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief