Borg toegestaan aan 2 ná dwelmvonds van R5 m. op lughawe

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Vuyokazi Toko (43) en Elisa Shikwambana (45), twee van vyf verdagtes, is deur die Kempton Park-landdroshof borgtog van R15 000 elk in ‘n dwelmhandelsaak toegestaan.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die beskuldigdes moet ingevolge hul borgvoorwaardes gereeld by hul naaste polisiekantoor aanmeld. Volgens die staat is die twee tesame deur die polisie en lughawensmaatskappy van Suid-Afrika by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Dwelms met ’n straatwaarde van meer as R5 miljoen was glo aan hul liggame versteek. Hulle was op pad na China deur Dubai toe hulle vasgetrek is.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 4 Augustus uitgestel. Die oorblywende beskuldigdes se borgtogaansoeke sal op 14 en 15 April aangehoor word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief