Brand beskadig geboue in Upington se middedorp

Lees ook :

Gespartel om brand in Upington se middestad te blus. Foto: Gemsbok

UPINGTON, NOORD-KAAP. – ’n Brand wat Vrydagoggend omstreeks 2:00 in Upington se sakekern uitgebreek het, het geboue beskadig. Geboue in die besigheidsblok tussen Lutz-, Mark-, Park- en Scottstraat is deur die brand beskadig.

Dawid Kruiper-munisipaliteit se brandweerdiens is deur ACSA se brandweer bygestaan om die brand onder beheer te bring.

Video’s van die munisipale brandweer wat massas water in die strate spuit, word op sosiale media versprei.

Volgens berigte het die brand in die sakegebou skuins oorkant die KFC begin. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die volgende beeldmateriaal van die voorval is op sosiale media gedeel:

Bronne: Gemsbok, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief