GAUTENG. – ‘n Brand het Maandag in die psigiatriese saal van die Charlotte Maxebe Johannesburg Akademiese Hospitaal uitgebreek. ‘n Psigiatriese pasiënt wat geëis het om ontslaan te word, het glo haar bed aan die brand gesteek.
Die departement van gesondheid sê in ‘n verklaring alhoewel geen beserings tydens die voorval aangemeld is nie, is 18 pasiënte na ‘n ander saal verskuif. Veiligheidspersoneel en die Stad Johannesburg se brandweer het vinnig reageer om die brand te blus en om van die rook ontslae te raak. Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.
Nomantu Ralehoko, die LUR vir gesondheid en welstand, het die hospitaal ná die brand besoek. Die betrokke saal is beoordeel en gesprek is met hospitaalpersoneel gevoer om pasiënte se veiligheid en voortgesette sorg te verseker.






