CHINA. – 20 bejaardes is dood na ’n brand gisteraand (Dinsdag) by ’n ouetehuis in die noordooste van China uitgebreek het.
Lees ook: Sowat 98 mense dood na nagklubdak ineenstort
Die brand wat gisteraand by ’n ouetehuis in Chengde-stad begin het, is binne twee uur geblus. Altesaam 19 mense het die brand oorleef en is na ‘n hospitaal vir waarneming geneem.
Owerhede ondersoek die oorsaak van die brand. Een persoon wat in beheer was van die ouetehuis is in aanhouding.
Bronne: BBC, The Mirror, Sky News





