Brand by kleuterskool laat twee in hospitaal beland

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance

KWAZULU-NATAL. – Twee personeellede van ‘n kleuterskool in Port Shepstone het met ernstige beserings in die hospitaal beland nadat ‘n brand Dinsdag by die skool uitgebreek het.

Volgens KwaZulu Private Ambulance is al die kinders veilig ontruim voordat die diens op die toneel aangekom het. Die twee personeellede is gestabiliseer en daarna vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief