Brand by kleuterskool laat twee in hospitaal beland

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance

KWAZULU-NATAL. – Twee personeellede van ‘n kleuterskool in Port Shepstone het met ernstige beserings in die hospitaal beland nadat ‘n brand Dinsdag by die skool uitgebreek het.

Volgens KwaZulu Private Ambulance is al die kinders veilig ontruim voordat die diens op die toneel aangekom het. Die twee personeellede is gestabiliseer en daarna vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief