BOSNIЁ. – ‘n Brand het gisteraand by ‘n tehuis vir bejaardes in Bosnië-Herzegovina uitgebreek waarin 11 mense dood is en 30 beseer is.
Lees ook: Brand by Chinese ouetehuis eis 20 bejaardes
Die brand het op die sewende vloer van die tehuis vir bejaardes in Tuzla begin. 20 mense, insluitend brandbestryders, polisiebeamptes, mediese werkers, werkers en inwoners, is na ‘n hospital geneem vir behandeling. Owerhede het gesê van die mense is kritiek beseer.
Die oorsaak van die brand is onbekend en ‘n ondersoek sal ingestel word sodra dit veilig geag word.
Bronne: BBC, ABC News, The Straits Times





