HOBART, AUSTRALIË. – ’n Brand het gister op ’n vlug van Virgin Australia ontstaan nadat ’n battery wat aan ‘n passasier behoort, in die oorhoofse bergplek aan die brand geraak het.
Lees ook: Minstens 27 mense oorlede ná militêre vliegtuig op skool neerstort
Die vliegtuig wat van Sydney op pad was na Hobart, was besig om te land toe passasiers oor ’n rookreuk begin kla het. Die bemanning het ’n litiumbattery in die oorhoofse bergplek gekry wat besig was om te brand.
Die bemanning kon die brand blus voordat die vliegtuig geland het en het die sak met die battery verwyder nadat die vliegtuig geland het.
Die bemanning is deur paramedici geassesseer en een is vir rookinaseming behandel.
Bronne: The Independent, Sky News, ABC
Lees ook: Verskeie mense oorlede nadat militêre vliegtuig op skool neerstort





