Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n styging in die brandstofprys in Julie.
Lees ook: Seun (16) in hegtenis ná skietery by fees in Amerika
Die prys van 93-oktaan petrol kan met 6 sent per liter styg en die prys van 95-oktaan petrol met 9 sent per liter. Die prys van 0.05%-diesel kan styg met 10 sent per liter en die prys van 0.005%-diesel met 12 sent per liter.
Internasionale oliepryse het Vrydag met meer as 7% gestyg nadat Israel Iran se kernaanlegte aangeval het.
Die amptelike prys sal aan die einde van die maand aangekondig word, maar volgens IOL kan die prys met meer as 30 sent verhoog as die konflik tussen Israel en Iran voortduur.
Bronne: BusinessTech, IOL, The South African
Lees ook: Seun (16) in hegtenis ná skietery by fees in Amerika





