UTAH, VSA. – ‘n Tiener (16) is in hegtenis geneem ná drie mense Sondagaand in ‘n skietery by ‘n fees in Utah dood is.
Lees ook: Verdagte in skietery van wetmakers was by nog twee wetmakers se huise
Die tiener en ‘n groep mense het ‘n argument gehad, waarna die tiener ‘n vuurwapen uitgehaal het en begin skiet het. ‘n Baba, agt maande oud, is dood, asook ‘n tiener (18) en ‘n vrou (41).
Twee tieners is in die arm gewond en ‘n swanger vrou is beseer toe sy oor ‘n hek probeer vlug het van die skietery af.
Dit is onbekend waaroor die argument gegaan het.
Bronne: The Independent, New York Post, ABC News
Lees ook: Verdagte in skietery van wetmakers was by nog twee wetmakers se huise





