BREKENDE NUUS: Altesaam agt verdagtes in twee insidente in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

Waarskuwing! Die video in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – Die polisie het pas bekendgemaak drie verdagte moordenaars is noodlottig in ‘n skietery met die polisie in Amaoti in Inanda dood. Meer inligting sal mettertyd beskikbaar wees. In ‘n aparte insident is vyf verdagtes wat vir die moord van en ‘n man en vrou gesoek is, Sondagaand in die Mophela-gebied in Hammersdale in ‘n skietery met die polisie dood.

Kol. Robert Neshiunda sê die polisie het Sondagaand inligting bekom oor verdagtes op die Mophela-hoofpad, hulle ingehaal en aangedui dat hulle moet stilhou. Die verdagtes het glo die polisie se opdrag geïgnoreer en op hulle begin skiet, waarop die polisie teruggeskiet het. Vyf verdagtes is noodlottig gewond. Met ‘n deursoeking van die verdagte voertuig is drie vuurwapens in die besit van die verdagtes gekry.

Die verdagtes is gesoek vir die skietdood van ‘n man (66) die vorige Saterdag by sy huis in die Ekwandeni-gebied. Die oorledene wat doodgeskiet is het Januarie aan die dood ontsnap toe daar op hom geskiet is. Sy vrou is Februarie in hulle huis doodgeskiet.

Netshiunda sê die verdagtes word ook aan moordsake van twee polisiebeamptes gekoppel. Die ondersoek duur voort en die moontlikheid bestaan dat die verdagtes aan meer geweldsmisdade gekoppel kan word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief