Brekende Nuus: Polisie skiet gewapende ‘verdagtes’ dood

Lees ook :

Foto: Google Maps SAPD Pin

GAUTENG. – Die polisie het twee beweerde gewapende verdagtes tydens ‘n skietery in Lenasia doodgeskiet. Volgens die polisie is meer persone in die skietinsident beseer.

Maj.genl. Nonkululeko Phokane sê die skietery het plaasgevind nadat ‘n intelligensiegedrewe operasie deur multidissiplinê owerhede geloods is. Die beweerde verdagtes is vir die opblaas van verskeie OTM-masjiene in Gauteng en naburige provinsies gesoek.

Lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, en ander senior polisieoffisiere is tans op die toneel.

Die misdaadtoneel is steeds aktief.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief