Brekende Nuus: Polisie skiet gewapende ‘verdagtes’ dood

Lees ook :

Foto: Google Maps SAPD Pin

GAUTENG. – Die polisie het twee beweerde gewapende verdagtes tydens ‘n skietery in Lenasia doodgeskiet. Volgens die polisie is meer persone in die skietinsident beseer.

Maj.genl. Nonkululeko Phokane sê die skietery het plaasgevind nadat ‘n intelligensiegedrewe operasie deur multidissiplinê owerhede geloods is. Die beweerde verdagtes is vir die opblaas van verskeie OTM-masjiene in Gauteng en naburige provinsies gesoek.

Lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, en ander senior polisieoffisiere is tans op die toneel.

Die misdaadtoneel is steeds aktief.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief