Brendan Peyper stel nuwe enkelsnit vry en sê oor beweringe

Lees ook :

Foto: Brendan Peyper

Brendan Peyper het ‘n splinternuwe lied met die naam, Jou Tipe Boer, vrygestel en sommer sy sê gesê oor al die beweringe oor hom wat die laaste tyd die nuus en sosiale media oorheers.

Peyper erken die beweringe het mense ontstel en teleurgestel, maar sê mens kan niks aan die verlede doen nie en hy wil net aanbeweeg. Hy sê ongeer 80 persent van die inligting oor hom in die media is leuens.

Die sanger, wat in omstredenheid vasgevang is, beklemtoon hy is net ‘n mens, soos enige ander en probeer homself nie verontskuldig nie. Hy besef hy kan nie almal gelukkig maak nie en verkies om die ander wang te draai.

Peyper het sy getroue ondersteuners vir hulle lojaliteit bedank.

Lees die volledige verklaring wat hy gemaak het, hier onder:

Hello familie en vriende.

Ek weet die bewerings in die media die laaste paar weke het ‘n klomp van julle ontstel en teleurgestel, maar hoe mens vorentoe beweeg, is wat saak maak. Aan die verlede is daar nie veel wat mens kan doen nie. Ek weet ek was stil, maar ek is iemand wat altyd ‘n tree terugvat en kyk hoe iets uitspeel in die midde van onregverdigheid voordat ek reaksie gee, maar hier is ‘n verklaring van my kant af.

Soos wat ek kan bevestig dat daar sowat 20% informasie wat in die artikels is wat wel waar is en feitlik is, kan ek ook bevestig dat daar ten minste 80% geskryf is deur Rapport se joernalis wat blote leuens, sensasie, hoor-sê en opmaakstories is, vandaar die woord “bewerings” wat kort-kort deur hulle redaksie gebruik word.

Ek wil ook net byvoeg dat Rapport van dag een af my nog nooit met respek of goeie gees kon benader het wanneer hulle my gekontak het nie en altyd aanvallend teenoor my optree en my dreig oor die foon vir inligting.

Aan die res van die media, Huisgenoot, Netwerk 24, Elri Boucher en Mia Spies, dankie vir julle respek en goeie etiket, ek sal enige tyd met julle kan gesels.

Ek voel nederig soos wat die klappe oor my reën, want ek weet jy word nie aangeval as jy niks waardevol in jou hart het nie.

Ek is ‘n mens, nes julle, met baie foute en ek sal my self nooit probeer veronskuldig nie, ek besef daar sal altyd “haters” wees, mens kan nie almal gelukkig maak nie, ek is nie ‘n losiekaartjie na ‘n Springbok game op Ellis Park nie.

Ek kies om hulle te vergewe, die ander wang te draai en aan te beweeg na beter dinge.

Ek besef hierdie situasie het gebeur vir ‘n goeie rede sodat ek kan leer en groei as mens daarom is dit my begeerte om te bly in die hande van my Pottebakker sodat Hy my kan vorm volgens Sy wil en nie myne nie.

Aan al my getroue ondersteuners, ek sal nie stil raak nie, dankie vir julle onvoorwaardelike ondersteuning en liefde. 🫶🏼

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief