Lees ook: Twee persone dood en een beseer tydens skietaanval in KZN
Volgens Franse berigte op X is die bekende digter, kunstenaar en dramaturg, Breyten Breytenbach, Saterdagaand in die ouderdom van 85 in Parys oorlede.
Die presiese omstandighede van sy dood is nog nie bekend nie. Die Breytenbach-sentrum het ‘n verklaring van die Breytenbach-familie gedeel waarin hulle bevestig Breyten is vanoggend oorlede.
Bronne: X, Facebook
Lees ook: Twee persone dood en een beseer tydens skietaanval in KZN





